26 Daar sal nie in jou land mense wees wat nie kinders kan kry nie. Dit sal ook nie gebeur dat jou kinders doodgebore word nie. Ek sal jou lank en gelukkig laat lewe.
27 “Ek sal jou vyande laat bang word vir My. Ek sal al die volke wat met jou bots, deurmekaarmaak. Ek sal jou vyande vir jou laat vlug.
28 Ek stuur slange voor jou uit om die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit te verdryf.
29 Ek sal hulle nie dadelik binne die eerste jaar voor jou laat padgee nie. As dit gebeur, kan die land onbewoonbaar raak en die wilde diere alles oorneem.
30 Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor jou laat padgee soos jou getalle al meer word en jy al meer plek nodig het om te bly, totdat jy uiteindelik die hele land kan oorneem.
31 Ek sal maak dat jou grense loop van die Rietsee af tot by die See van die Filistyne, van die woestyn af tot by die groot rivier. Ek sal almal wat daar woon, onder jou stel. Jy kan hulle voor jou uit die land wegjaag.
32 Jy mag nie enige ooreenkoms met hulle sluit nie. Ook nie met hulle gode mag jy enige ooreenkoms maak nie.