1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir My geskenke na my blyplek toe bring. Neem die bydrae van almal wat graag wil gee.
3 Die geskenke kan van goud, silwer of brons gemaak wees;
4 van blou, pers of bloedrooi wol, van linne, bokhaar,
5 rooigekleurde velle of gebreide velle, of van doringhout.