6 Dit kan olie vir lampe wees, of balsemgom wat gebruik kan word in salfolie of in geurige offers van wierook.
7 Dit kan ook onikssteen of ander halfedelstene wees. Daarmee kan die klere en die sak versier word wat die leier van die mans dra wanneer hy by my blyplek vir My offers bring. Elkeen kan self kies wat hy wil gee. Enigiets wat hier genoem is, moet julle aanvaar as ’n geskenk wat vir My gebring word.”
8 “Israel moet vir My ’n tent maak waarin Ek tussen hulle kan kom bly.
9 Dit moet gemaak word volgens die voorbeeld wat Ek hier op die berg vir jou wys. Julle moet ook al die verskillende goed maak wat by die tent moet kom.”
10 “Julle moet ’n ark van akasiahout maak. Dit moet 115 sentimeter lank en 70 sentimeter breed en hoog wees.
11 Dit moet aan die binnekant en aan die buitekant met suiwer goud oorgetrek word. Aan die buitekant moet dit ook ’n versierde goue rand hê.
12 Jy moet vier goue ringe maak waardeur drastokke gesteek kan word. Die ringe moet aan die onderste vier hoeke aan die lang kant van die ark vasgesit word. Daar moet dus twee stelle ringe aan die voorkant en twee aan die agterkant wees.