8 Al elf stukke moet presies ewe groot wees. Elkeen moet vyftien meter lank en twee meter breed wees.
9 Maak weer twee stelle op. Vir die een stel werk jy vyf stukke materiaal aan mekaar vas. Vir die ander een gebruik jy ses stukke. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit sal by die voorkant van die tent kom.
10 Werk lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle sodat daar 50 lussies is wat teenoor mekaar is wanneer die twee stelle op mekaar gesit word.
11 Maak ook 50 koperhakies om deur die lussies te haak sodat die twee velle aan mekaar vasgehaak kan word om een dubbelvel te maak vir die tweede laag van die tent se dak.
12-13 Die gedeelte van hierdie laag wat groter is as die een onder hom, moet so gespan word dat dit ewe veel aan albei die lang kante van die tent oorhang.”
14 “Die boonste laag van die dak moet van gelooide ramsvel gemaak word met gebreide vel oor.”
15 “Jy moet ’n raam van akasiahout vir die tent maak.