17 Al die regop pale wat reg rondom die binnehof gebruik word, moet met silwergordynstokke aan mekaar verbind word. Die stokke moet silwerhakies hê waaraan die linnemure opgehang kan word. Elke paal staan op sy eie kopervoetstuk.
18 Die binnehof is dus 44 by 23 meter groot en die geweefde materiaal aan die kante is twee en ’n half meter hoog en hang aan pale op kopervoetstukke. “
19 Soos al die gereedskap wat binne-in die tent gebruik word, moet die tentpenne waarmee die mure van die afskorting geanker word, ook van koper gemaak wees.”
20 “Jy moet vir die Israeliete sê om vir jou suiwer olyfolie te bring. Jy moet dit gebruik om die lampe in die tent aan die brand te hou.
21 Die lampe op die ligstaander in die tent moet dwarsdeur die nag bly brand. Aäron en sy seuns wat saam met hom in die tent werk, moet daarna kyk en sorg dat dit altyd brand in die deel voor die gordyn waaragter die ark met die bewys van die ooreenkoms is. Dit is ’n vaste reël in Israel wat deur elke daaropvolgende geslag gehoorsaam moet word.”