24 haak die kettinkies daardeur
25 en werk die punte daarvan aan die twee monterings vas wat op die bande van die ander stuk is wat oor die skouers kom.
26 Maak nog twee ander goue ringe en werk hulle aan die onderste twee hoeke van die sak vas, aan die binnekant waar dit op die deel rus wat oor die skouers kom.
27 Maak nog twee goue ringe en werk hulle laag af vas aan die bande van die deel wat oor skouers kom wat met die gordel om die heupe vasgetrek word.
28 “Die onderste twee ringe van die sak word dan met ’n blou toutjie vasgesit aan die ringe van die deel wat oor die skouers kom. Dit sal keer dat dit afsak tot onder die gordel.
29 So sal Aäron altyd die name van die families van Israel wat op die sak voor sy bors vasgesit is, aan sy lyf dra wanneer hy in die tent ingaan om hulle name voor die Here te bring.
30 Jy moet die ‘urim’ en ‘tummim’ waarmee God se besluit bepaal word, in die sak sit wat hy oor sy bors dra. Aäron moet dit altyd aanhê wanneer hy voor die Here kom. So dra Aäron God se besluite altyd aan sy lyf.”