3 Jy moet mense gebruik aan wie Ek uitsonderlike talente gegee het om die klere vir Aäron en sy seuns te maak.
4 Die klere wat hulle vir Aäron maak, moet bestaan uit ’n sak wat oor sy bors hang, ’n stuk materiaal wat oor sy skouers kom, ’n mantel wat agter oor sy skouers afhang, ’n hemp, ’n hoed vir sy kop en ’n gordel om om sy heupe te sit. Dit is spesiale klere wat Aäron en sy seuns moet dra wanneer hulle in die tent kom werk.
5 Die mense wat die klere maak, moet geweefde linne gebruik. Hulle moet gouddraad en blou, pers en bloedrooi wol daar inborduur.”
6 “Die deel wat oor die skouers kom, moet van geweefde linne gemaak word. Daar moet op ’n kunstige manier met gouddraad en blou, pers en bloedrooi wol daarop geborduur word.
7 Dit moet twee bande hê wat oor die skouers kom.
8 Die gordel waarmee dit om die heupe vasgemaak word, moet op dieselfde manier gemaak word met geborduurde gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol.
9 Vat dan twee oniksstene en graveer die name van die twaalf seuns van Jakob