1 “Maak ook ’n kleiner staander as ’n altaartjie waarop jy geurige wierook kan brand. Maak dit van akasiahout.
2 Dit moet vierkantig wees: 45 sentimeter breed en lank en 90 sentimeter hoog. Dit moet op die hoeke arms hê wat soos horings lyk.
3 Die plat vlak bo-op en sy vier sye sowel as die horings moet jy met suiwer goud oortrek. Sit ook ’n randjie van goud reg rondom.
4 Maak draringe van goud vir die altaar. Sit hulle aan die twee teenoorstaande kante vas, net onder die randjie, om die drastokke daardeur te kan sit waaraan die altaar gedra word.