1 “Maak ook ’n kleiner staander as ’n altaartjie waarop jy geurige wierook kan brand. Maak dit van akasiahout.
2 Dit moet vierkantig wees: 45 sentimeter breed en lank en 90 sentimeter hoog. Dit moet op die hoeke arms hê wat soos horings lyk.
3 Die plat vlak bo-op en sy vier sye sowel as die horings moet jy met suiwer goud oortrek. Sit ook ’n randjie van goud reg rondom.
4 Maak draringe van goud vir die altaar. Sit hulle aan die twee teenoorstaande kante vas, net onder die randjie, om die drastokke daardeur te kan sit waaraan die altaar gedra word.
5 Maak die drastokke van akasiahout en trek dit oor met goud.
6 Gaan sit die altaar voor die gordyn neer waaragter die ark met die bewys van die ooreenkoms en sy deksel is, die plek waar Ek jou ontmoet.
7 “Elke oggend wanneer Aäron die lampe kom uitdoof, moet hy geurige wierook op die altaar aan die brand steek.