13 Sodra hy getel is, moet hy ses gram silwer by die tent kom inbetaal. Hy moet dit afweeg op die skaal wat by die tent gebruik word. Sy belasting is ’n offer wat hy vir die Here bring.
14 Elkeen wat twintig jaar en ouer is, moet getel word en die belasting betaal.
15 Die bedrag geld is vir almal dieselfde, of hy nou ryk is of arm.
16 Die geld wat jy op hierdie manier van die Israeliete kry, moet jy gebruik om te betaal vir alles wat daar by my tent gedoen moet word. Ek sal onthou dat die Israeliete betaal het en dat daar nie rampe oor hulle moet kom wanneer die volk getel word nie.”
17 Die Here het nog verder vir Moses gesê:
18 “Maak ’n bak uit koper met ’n voetstuk uit koper om by te gaan was. Sit dit tussen die tent en die altaar en gooi dit vol water.
19 Aäron en sy seuns moet hulle hande en voete daar was met water uit die bak. Hulle moet dit elke keer doen