1 Die Here het verder met Moses gepraat:
2 “Ek het Besaleël gekies om die voorman te wees wanneer die tent gemaak word. Hy is Uri se seun. Sy oupa is Gur. Hulle is uit die stam van Juda.
3 My Gees gee vir hom die verstand en die insig, die kennis en die vaardigheid
4 om dinge te ontwerp en dit dan van goud of silwer of koper te maak.
5 Hy kan met edelstene werk en houtsnywerk doen en enige kunswerk maak.
6 Ek het ook Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan gekies om saam met hom te werk.“Ek het aan verskillende mans wat fluks is met hulle hande die vaardigheid gegee om die tent te maak soos Ek vir jou beduie het.
7 Hulle sal die tent maak waar Ek en julle mekaar gaan ontmoet. Hulle sal ook die ark maak waarin die bewys van ons ooreenkoms gehou moet word, die deksel wat bo-op pas, die gereedskap wat in die tent gebruik word,