7 Hulle sal die tent maak waar Ek en julle mekaar gaan ontmoet. Hulle sal ook die ark maak waarin die bewys van ons ooreenkoms gehou moet word, die deksel wat bo-op pas, die gereedskap wat in die tent gebruik word,
8 die tafel waarop die brode uitgestal word, saam met sy toerusting, die ligstaander wat lig gee in die tent en alles wat daarvoor nodig is, die kleiner altaar vir die wierook en
9 die groot altaar buite waarop die offers verbrand moet word, saam met sy gereedskap, die koperbak op sy voetstuk waar die werkers hulleself was voor hulle in die tent gaan werk,
10 die klere wat hulle moet dra wanneer hulle by die tent werk, Aäron se klere en die klere wat sy seuns moet dra,
11 ook die salfolie en die wierookmengsel - alles wat Ek gesê het jy moet maak.”
12 Verder het die Here ook nog vir Moses gesê
13 om vir die Israeliete te sê: “Die belangrikste van alles is my rusdae. Julle moet my rusdae hou. Die rusdag is die belangrikste teken oor al die geslagte heen dat daar ’n ooreenkoms tussen My en julle bestaan. Dit is die teken dat Ek die Here is en dat Ek julle my volk gemaak het.