12 Waarom sal U nou die Egiptenaars kans gee om te sê: ‘Hulle God het hulle met ’n slim plan uitgevang. Hy het hulle laat trek sodat Hy hulle daar by die berg kan gaan doodmaak. Hy het hulle van die aarde afgevee. Laat asseblief tog u woede bedaar. Moet asseblief tog nie hierdie vreeslike ding met u volk laat gebeur nie.
13 Dink ’n bietjie aan u kinders Abraham, Isak en Israel. U het mos plegtig vir hulle belowe dat U hulle nakomelinge so baie sal laat word soos die sterre in die lug. U het beloof dat U die land as ’n ewige erfdeel aan hulle nageslag sal gee.”
14 Die Here het toe van besluit verander. Hy het die plan gelos wat Hy gehad het om sy volk uit te wis.
15 Moses is van die Here af weg en het teen die berg begin afklim. Hy het die twee plat klippe waarop die bewys van die Here se ooreenkoms geskryf was, in sy hand gehou. Daar was aan die voorkant en ook aan die agterkant op die klippe geskryf.
16 Die klippe was God se eie handewerk. God se eie handskrif was op die klippe gegraveer.
17 Toe Josua die lawaai van die volk hoor, sê hy vir Moses: “Daar is oorlog in die kamp.”
18 “Nee,” sê Moses, “dis nie die gejuig van oorwinnaars nie, dis nie die gekerm van verloorders nie, maar die lawaai van ’n dronkspul wat ek hoor.”