22 Aäron antwoord toe: “Meneer, jy moenie kwaad word nie. Jy weet so goed soos ek dat hierdie volk altyd reg is om kwaad te doen.
23 Hulle het my kom vra: ‘Maak tog vir ons ’n god wat ons verder kan lei. Ons weet nie waar Moses is wat ons uit Egipte gelei het nie.’
24 Ek het toe vir hulle gesê dat almal wat goue ringe aanhet, dit moet afhaal en vir my kom gee. Ek het dit in die vuur gegooi en toe ek sien, toe spring hierdie goue kalf sommer daar uit die vuur uit.”
25 Moses sien toe dat die volk handuit geruk het tot groot vermaak van hulle teëstanders. Aäron het hulle nie in toom gehou nie.
26 Moses het by die ingang van die laer gaan staan en uitgeroep: “Dié wat aan die Here se kant is, moet hier by my kom staan!” Die hele familie van Levi het toe om hom gaan staan.
27 Hy het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Vat jou swaard en gaan maak deur die hele kamp elkeen voor die voet dood, of dit nou jou broer, vriend of familielid is, maak nie saak nie.’”
28 Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het. Daardie dag is daar ongeveer 3 000 mans dood.