25 Moses sien toe dat die volk handuit geruk het tot groot vermaak van hulle teëstanders. Aäron het hulle nie in toom gehou nie.
26 Moses het by die ingang van die laer gaan staan en uitgeroep: “Dié wat aan die Here se kant is, moet hier by my kom staan!” Die hele familie van Levi het toe om hom gaan staan.
27 Hy het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Vat jou swaard en gaan maak deur die hele kamp elkeen voor die voet dood, of dit nou jou broer, vriend of familielid is, maak nie saak nie.’”
28 Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het. Daardie dag is daar ongeveer 3 000 mans dood.
29 Moses het vir die Leviete gesê: “Julle het vandag vir die Here gewerk. Julle was bereid om te doen wat Hy sê. Julle het na Hom geluister, selfs al het dit beteken dat julle seuns en broers moes doodmaak. Die Here die Almagtige sal vir julle sorg.”
30 Die volgende dag het Moses vir die volk wat oor was, gesê: “Julle het ’n vreeslike sonde gedoen. Ek gaan nou dadelik weer opklim na die Here toe. Miskien kry ek dit reg dat Hy julle vergewe vir wat julle aangevang het.”
31 Moses het teruggegaan en tot die Here gebid: “Ag tog, Here, hierdie volk het ’n verskriklike fout gemaak. Hulle het vir hulleself ’n god van goud gaan staan en maak.