12 die ark waarin die bewys van die ooreenkoms gehou word met die pale waarmee dit gedra word; die deksel wat bo-op die ark pas; die gordyn wat die tent in twee deel;
13 die tafel waarop die brode neergesit word met sy drahoute en sy toerusting;
14 die ligstaander wat die tent verlig en alles wat daarvoor nodig is; sy lampies en hulle olie;
15 die kleiner altaar vir die wierook met sy drastokke; die salfolie wat gemeng moet word en die wierook; die gordyn by die ingang van die tent;
16 die groot altaar buite waarop die offers verbrand word met sy koperrooster en drahoute en toerusting; die koperbak op sy voetstuk waar die priesters hulleself was;
17 die muur rondom die binnehof met sy regop pale en hulle kopervoetstukke en die gordyn by die ingang van die binnehof;
18 die kopertentpenne en hulle toue waarmee die tent en die binnehof geanker moet word;