3 Op die rusdag mag julle glad nie vuur maak waar julle woon nie.”
4 Moses het verder vir almal wat daar bymekaar was, gesê: “Die Here verwag van julle
5 dat julle vir Hom geskenke sal bring. Julle kan kies wat julle vir die Here gaan bring: dit kan van goud, silwer of brons gemaak wees;
6 van blou, pers of bloedrooi wolstof, van linne, bokhaar,
7 rooigekleurde ramsvelle of gebreide velle of akasiahout.
8 Dit kan olie vir die lampe van die ligstaander wees, of kruie vir die salfolie en die wierookoffers.
9 Dit kan ook oniks of ander halfedelstene wees wat op die skouerstuk en die sak voor Aäron se bors vasgesit kan word.”