16 Hiervan het hulle twee stelle opgemaak. Hulle het vir die een stel vyf stukke materiaal op mekaar gesit en aan mekaar vasgewerk. Vir die ander stel het hulle ses stukke gebruik.
17 Hulle het 50 lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk sodat daar 50 lussies was wat teenoor mekaar was.
18 Hulle het ook 50 koperhakies gemaak om deur die lussies te haak sodat die twee velle op mekaar een dubbelvel kon vorm vir die middelste laag van die tent se dak.
19 Hulle het ook ’n boonste laag vir die dak van die tent gemaak. Dit is gemaak van ’n laag gelooide ramsvel waaroor ’n tweede laag gebreide vel gesit is.
20 Hulle het ook vir die tent houtpanele uit akasiahout gemaak.
21 Elke paneel was vyf meter hoog en 75 sentimeter breed.
22 Daar was aan elke paneel twee lasplekke sodat dit aan ’n volgende paneel gelas kon word. Al die panele van die tent het dieselfde gelyk.