2 Moses het Besaleël en Oholiab laat kom en almal wat bekwaam was en daarvoor kans gesien het om die werk te doen.
3 Moses het die boumateriaal wat die Israeliete gegee het, vir hulle beskikbaar gestel om met die werk te begin. Die volk het egter aangehou om elke oggend weer nuwe voorraad te bring.
4 Die mense wat die tent maak, het toe een vir een van die werk waarmee hulle besig was, na Moses gekom
5 en vir hom gesê: “Die volk bring nou meer goed as wat ons nodig het om die dinge te maak wat die Here gesê het.”
6 Moses het toe oral in die kamp laat afkondig dat hulle moet ophou om goed vir die werk te bring. Die volk het opgehou om goed te bring.
7 Daar was nou oorgenoeg voorraad om die tent te maak. Trouens, daar het selfs daarvan oorgebly.
8 Elkeen wat kon help, het saamgewerk. Hulle het die onderste laag van die dak uit tien stukke materiaal van fyn linne gemaak waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef was en waarop figure met vlerke geborduur was.