21 Elke paneel was vyf meter hoog en 75 sentimeter breed.
22 Daar was aan elke paneel twee lasplekke sodat dit aan ’n volgende paneel gelas kon word. Al die panele van die tent het dieselfde gelyk.
23 Hulle het twintig panele gemaak vir die suidelike muur van die tent.
24 Hulle het ook 40 voetstukke van silwer gemaak om onder die panele te sit.
25-26 Vir die muur aan die oorkant, aan die noordekant, het hulle ook twintig panele met 40 voetstukke gemaak.
27 Vir die koppenent aan die westekant van die tent het hulle ses gewone panele gemaak
28-29 asook twee versterkte hoekpanele.