31 Hulle het ook dwarslatte van akasiahout gemaak wat die panele aan mekaar moes hou. Daar was vyf latte vir elke muur.
32 Op die lang kante was daar vyf latte en vyf vir die muur aan die endkant.
33 Hulle het die middelste dwarslat gemaak om op halwe hoogte dwarsoor die panele van hoek tot kant te loop.
34 Hulle het die panele en die dwarslatte met goud oorgetrek. Hulle het ook goue ringe aan die panele vasgesit waardeur die dwarslatte gesteek kon word.
35 Hulle het ook die gordyn gemaak waarmee die tent in twee verdeel moes word. Dit is van geweefde linne gemaak waarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef was en waarop figure met vlerke geborduur was.
36 Hulle het vier akasiahoutpale gemaak en dit met goud oorgetrek. Vir elke regop paal is ook ’n silwervoetstuk gemaak.
37 Vir die ingang van die tent, aan die regterkant, het hulle ’n gordyn van geweefde materiaal gemaak waardeur blou, pers en bloedrooi wol gestik was.