13-14 Hulle het ook vir die tafel vier goue ringe gemaak waardeur drastokke gesteek kan word. Hulle het die ringe aan die lang sye onder aan die hoeke, net onder die lys vasgesit. Daar kon twee stokke daardeur gesteek word om die tafel te dra.
15 Hulle het die drastokke van akasiahout gemaak om deur die ringe te pas. Ook dié drastokke is met goud oorgetrek.
16 Daarby het hulle die skottels en bakke waarin die geurige offers kom, en die flesse en komme wat by die tafel gebruik word, van suiwer goud gemaak.
17 Besaleël-hulle het ook die goue ligstaander gemaak. Sy voetstuk en steel is uit een stuk goud gemaak. Dit is met blomkelke, blomknoppe en kroonblare versier.
18 Ses arms het uit die steel gekom, drie aan die een en drie aan die ander kant.
19 Aan elkeen van die ses arms wat uit die stam uitkom, was daar drie kelkies in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare.
20 Aan die bokant van die steel self was daar vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare.