20 Aan die bokant van die steel self was daar vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare.
21 Aan die onderkant van elkeen van die arms, net waar dit uit die steel kom, was daar ’n blomknop.
22 Die arms en blomknoppe is alles uit een stuk goud gemaak.
23 Hulle het ook sewe olielampe vir die kandelaar gemaak. Die tangetjie waarmee die vlammetjies uitgedoof word en die oliepithouer vir die lampies is van suiwer goud gemaak.
24 Hulle het 34 kilogram suiwer goud gebruik om die staander en alles wat daarby hoort te maak.
25 Onder Besaleël se toesig is ook die kleiner altaar uit akasiahout gemaak. Dit was vierkantig: 45 sentimeter breed en 90 sentimeter hoog. Dit het een geheel gevorm met sy horingagtige uitsteeksels.
26 Alles, van die plat vlak bo-op en die vier sye, sowel as die horings, was met suiwer goud oorgetrek. Daar was ook ’n rand van goud reg rondom die altaar.