25 Onder Besaleël se toesig is ook die kleiner altaar uit akasiahout gemaak. Dit was vierkantig: 45 sentimeter breed en 90 sentimeter hoog. Dit het een geheel gevorm met sy horingagtige uitsteeksels.
26 Alles, van die plat vlak bo-op en die vier sye, sowel as die horings, was met suiwer goud oorgetrek. Daar was ook ’n rand van goud reg rondom die altaar.
27 Hy het twee stelle draringe van goud vir die altaar laat maak en hulle aan die twee teenoorstaande kante net onder die omranding vasgesit. Daardeur kon die drastokke gesit word waaraan die altaar gedra kon word.
28 Ook die drastokke wat hiervoor gemaak is, is met suiwer goud oorgetrek.
29 Besaleël het ook soos ’n goeie apteker ’n mengsel salfolie vir die tempel aangemaak.