4 Hy het daarby drastokke van akasiahout gemaak wat deur die ringe kon pas en hulle ook met goud oorgetrek.
5 Hy het toe die drastokke deur die ringe van die ark gesit om dit daaraan te kan dra.
6 Hy het ’n deksel uit suiwer goud gemaak wat op die ark pas. Dit was 115 sentimeter lank en 70 sentimeter breed.
7 Hy het ook twee beelde van hemelse figure met vlerke uit goud gemaak.
8 Hulle is bo-op die deksel vasgesit, aan die twee punte daarvan.
9 Hulle gesigte was na mekaar toe en hulle het hulle vlerke oor die deksel uitgesprei gehou asof hulle dit beskerm.
10 Besaleël en sy mense het verder die tafel gemaak waarop die brode neergesit moes word. Dit was van akasiahout, 92 sentimeter lank en 46 sentimeter breed. Dit was 70 sentimeter hoog.