20 Die tentpenne waarmee die tent en die gordyn geanker is, is van koper gemaak.
21 Hier volg nou presies die hoeveelheid materiaal wat gebruik is om die tent te maak. Die Leviete het alles onder leiding van Itamar presies opgeteken. Moses het gesê dat dit gedoen moes word.
22 Besaleël die seun van Uri uit die stam van Juda het toesig gehou en gekyk dat alles gemaak is presies soos die Here gesê het.
23 Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan het hom gehelp. Hy was ’n vakman en ontwerper wat die bekwaamheid gehad het om borduurwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol op linne.
24 Die goud wat gebruik is om alles vir die tent te maak, was in totaal 986 kilogram goud en 38 kilogram silwer. Dit het gekom uit die vrywillige bydraes wat die volk gemaak het.
25 Die silwer wat bymekaargemaak is toe die volk getel is, was 3 400 kilogram plus nog twintig en ’n vyfde kilogram.
26 Toe die volk getel is, moes elke man bo twintig wat getel is, ses gram silwer betaal. Daar is in die sensus 603 550 mans getel.