9 Verder het hulle ook ’n binnehof gemaak. Dit was ’n lapa reg rondom die tent. Die suidelike muur is van fyn linne gemaak. Dit was 44 meter lank.
10 Die twintig pale wat dit regop gehou het en die hakies waaraan dit gehang het, was van silwer. Die silwerpale het kopervoetstukke gehad.
11 Die muur aan die teenoorstaande kant van die binnehof was net so lank en het net soveel regop pale op kopervoetstukke gehad. Die gordyn voor die ingang het ook aan silwerhakies gehang en die regop pale waaraan dit vas was, was ook van silwer.
12 Aan die westekant was die binnehof 23 meter lank. Daar was tien regop pale op voetstukke van koper. Ook hier was die hakies en pale van silwer.
13 Aan die kant waar die son opkom, aan die oostekant, was die binnehof ook 23 meter lank.
14-15 Daar was tien meter gordyn aan weerskante van die opening wat elkeen aan drie regop pale op voetstukke gehang het.
16 Die materiaal wat reg rondom gebruik is om die binnehof te maak, was van fyngeweefde linne.