11 in die tweede ry turkoois, saffier en jaspis;
12 in die derde hiasint, agaat en ametis,
13 en in die vierde ry chrisoliet, oniks en opaal. Dit is in ’n montering van goud vasgesit.
14 Die twaalf name van die families van Israel is elkeen op een van die twaalf stene gegraveer soos op ’n seëlring.
15 Hulle het vir die sak goue kettinkies uit suiwer goud gemaak wat soos tou gevleg is.
16 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dit aan die twee boonste hoeke van die sak vasgesit.
17 Die kettinkies is toe aan die ringe vasgesit.