37 die ligstaander van soliede goud met sy lampies en alles wat daarby gaan en die olie wat daarin gebruik moes word,
38 die goue altaartjie, die salfolie om die priester te bevestig, die spesiaal vervaardigde wierook vir die altaar, die gordyn wat voor die ingang na die tent moes hang,
39 die koperbeslaande altaar vir die brandoffers met sy koperrooster en drahoute en bybehore, die waskom waar die priesters hulleself moes was en sy voetstuk,
40 die materiaal om rondom die binnehof te hang met sy regop pale en hulle voetstukke, die gordyn by die ingang na die binnehof, die toue en penne om die tent en die muur om die binnehof te anker, al die gereedskap wat nodig was vir die tent,
41 die klere wat die priesters moes aantrek om in die tent hulle werk te doen en die klere vir Aäron en vir sy seuns.
42 Al hierdie dinge het die Israeliete presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het dit moes lyk.
43 Moses het deeglik na alles gekyk en gesien dat alles presies net so was soos die Here dit wou hê. Hy het toe gebid dat die Here almal wat die tabernakel gebou het, voorspoedig sal maak.