22 Hy het toe die tafel waarop die brood kom, binne-in die tent teen sy noordelike muur voor die gordyn gaan neersit.
23 Hy het die offerbrood daarop neergesit.
24 Hy het die ligstaander ook daar gaan neersit, regoor die tafel teen die suidelike muur.
25 Hy het die lampies aan die staander vasgesit soos die Here gesê het.
26 Hy het die altaartjie vir die wierook ook in die tent laat sit, reg voor die gordyn wat in die middel hang.
27 Hy het die wierook daarop gesit en dit aan die brand gesteek, soos die Here vir hom gesê het hy moet maak.
28 By die ingang van die tent het hy toe die gordyn opgehang wat die tent toemaak.