18 Merari se seuns was Magli en Musi. Al die afstammelinge van Levi het aan hierdie familiegroepe behoort.
19 Amram het met Jogebed getrou. Sy was sy pa se suster, dit wil sê sy tannie. Hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.
20 Jishar se seuns was Korag en Nefeg en Sikri.
21 Ussiël se seuns was Misael en Elisafan en Sitri.
22 Aäron het met Eliseba, ’n dogter van Amminadab, die suster van Nagson, getrou. Hulle seuns was Nadab en Abihu en Eleasar en Itamar.
23 Korag se seuns was Assir en Elkana en Abiasaf. Hulle is onder die afstammelinge van Korag ingedeel.
24 Eleasar, Aäron se seun, het met ’n dogter van Putiël getrou. Hulle het ’n seun, Pinehas, gehad. Dit was die verskillende leiers uit die familie van Levi.