24 Eleasar, Aäron se seun, het met ’n dogter van Putiël getrou. Hulle het ’n seun, Pinehas, gehad. Dit was die verskillende leiers uit die familie van Levi.
25 Dit is hierdie Aäron en Moses vir wie die Here gesê het dat hulle die Israeliete volgens hulle families bymekaar moes maak om hulle uit Egipte weg te lei.
26 Dit was hulle twee, hierdie Moses en Aäron, wat met die Egiptiese koning, die farao, gaan onderhandel het om al die Israeliete uit Egipte te laat wegtrek.
27 Die dag toe die Here met Moses in Egipte gepraat het,
28 het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Jy moet vir die farao, die koning wat oor Egipte regeer, alles gaan sê wat Ek vir jou gesê het.”
29 Moses het toe weer ’n keer baie duidelik vir die Here gesê: “Regtig, ek praat baie swaar. Hoe sal die farao ooit tog na my luister?”