25 Die farao het Moses en Aäron toe laat roep: “Goed, julle kan vir julle God gaan offer, maar dit moet hier in dié land wees.”
26 “Ons kan dit nie hier doen nie,” het Moses hom geantwoord. “Die offers wat ons vir die Here ons God bring, is grillerig vir die mense van Egipte. As ons hier offer waar die Egiptenaars ons kan sien, sal dit vir hulle so gruwelik wees dat hulle ons met klippe sal doodgooi.
27 Gee eerder vir ons drie dae om in die woestyn in te gaan. Ons wil daar gaan offer vir die Here ons God, op die manier wat Hy vir ons voorgeskryf het.”
28 “Goed,” sê die farao toe, “ek sal julle toelaat om in die woestyn vir die Here julle God te gaan offer. Julle mag net nie baie ver in die woestyn ingaan nie. Bid ook sommer dat hierdie plaag kan ophou.”
29 Moses sê toe: “Wanneer ek van hier af weggaan, sal ek by die Here pleit dat die vlieë môre van u en u amptenare en u volk moet padgee. U moet net nie weer met ons speletjies probeer speel en daarna weier dat die volk kan gaan om vir die Here te offer nie.”
30 Moses is toe weg van die farao af en het tot die Here gebid om die vlieë weg te vat.
31 Die Here het dan ook gemaak soos Moses belowe het: Hy het die vlieë van die farao en sy amptenare en sy volk af laat padgee. Daar het nie eens een oorgebly nie.