4 Die paddas sal net te veel wees vir jou en jou volk.’”
5 Die Here het vir Moses gesê: “Laat Aäron sy kierie uitsteek na die spruite toe, die riviere en die moerasse sodat die paddas kan uitkom uit die water en oor die hele Egipte kan kom.”
6 Toe Aäron sy kierie uitsteek na al die plekke waar daar water in Egipte is, het die paddas uitgekom en oor die hele land versprei.
7 Die Egiptiese towenaars kon dieselfde ding regkry met hulle kunsies. Hulle kon ook paddas oor die hele land laat kom.
8 Die farao het toe vir Moses en Aäron laat roep en by hulle gesoebat: “Smeek tog die Here dat Hy die paddas van my en my mense moet wegvat. Ek sal die volk laat gaan sodat hulle vir die Here kan gaan offer.”
9 Moses het die farao sarkasties geantwoord: “En wanneer sal dit u nogal pas dat ek sal bid dat die paddas van u en u dienaars en u volk en uit u huise weggevat sal word en net by die rivier sal bly?”
10 “Môre sal vir my reg wees,” het hy geantwoord.Moses sê toe: “Goed, ek sal maak soos u vra. U sal dan besef dat daar niemand anders is soos die Here ons God nie.