8 Die farao het toe vir Moses en Aäron laat roep en by hulle gesoebat: “Smeek tog die Here dat Hy die paddas van my en my mense moet wegvat. Ek sal die volk laat gaan sodat hulle vir die Here kan gaan offer.”
9 Moses het die farao sarkasties geantwoord: “En wanneer sal dit u nogal pas dat ek sal bid dat die paddas van u en u dienaars en u volk en uit u huise weggevat sal word en net by die rivier sal bly?”
10 “Môre sal vir my reg wees,” het hy geantwoord.Moses sê toe: “Goed, ek sal maak soos u vra. U sal dan besef dat daar niemand anders is soos die Here ons God nie.
11 Die paddas sal van u, u huis, u werkers en u volk af weggaan en weer in die rivier gaan bly.”
12 Moses en Aäron is toe weg van die farao af. Moses het tot die Here gebid oor die paddas waarmee Hy die farao gestraf het.
13 Die Here het gedoen wat Moses vir die farao belowe het. Die paddas in die huise en buite in die veld het gevrek.
14 Die mense het hulle by die hope bymekaargemaak. ’n Doodsreuk het oor die hele land gehang.