26 Die enigste plek waar dit glad nie gehael het nie, was in Gosen waar die Israeliete gewoon het.
27 Die farao het Moses en Aäron toe dringend laat kom. Hy het vir hulle gesê: “Ek het ’n fout gemaak. Hierdie keer is die Here reg. Ek en my volk is verkeerd.
28 Bid asseblief tot die Here. Hierdie verskriklike donderslae en hael is te veel vir ons. Ek sal julle laat trek. Julle hoef my nie weer te kom vra om te gaan nie.”
29 “Goed,” sê Moses vir hom, “sodra ek uit die stad uit is, sal ek tot die Here bid dat die donderstorm moet bedaar en dat die hael moet ophou. U sal dan besef dat die Here in beheer van die land is.
30 Ek besef egter baie duidelik dat u en u mense nog glad nie die nodige respek vir die Here God het nie.”
31 Die hele vlas- en garsoes is weggeslaan. Die gars was al in die aar en die vlas het net mooi begin uitstoot.
32 Die koring en die hawer is darem nie vernietig nie omdat dit eers later moes opkom.