32 Jy sal baie bekommerd wees oor die tempel. Dit sal met Israel goed gaan, maar van jou familie sal niemand ooit oud word nie.
33 As daar iemand van jou mense oorbly wat Ek nie van my altaar af wegvat nie, sal hy vir jou net hartseer en verdriet bring. Maar die meeste van jou familie sal jonk doodgaan.
34 En hier is die bewys daarvan: jou twee seuns Hofni en Pinehas sal al twee op een dag doodgaan.
35 “Ek sal vir My ’n betroubare priester aanstel wat sal doen wat Ek wil hê hy moet doen. Ek sal vir sy nageslag ’n priesterskap gee wat sal aanhou: hulle sal altyd vir die koning werk wat Ek gaan kies.
36 Elkeen wat van jou familie oorbly, sal voor my priester gaan kniel vir ’n bietjie geld en ’n broodjie en vir hom sê: ‘Deel my asseblief in by een van die priestergroepe sodat ek tog ook iets kan hê om te eet.’”