12 gee hulle hom ook nog ’n hand vol gedroogde vye en twee rosyntjiekoeke. Nadat hy dít geëet het, het hy begin regkom, want hy het vir drie dae en nagte nie nat of droog oor sy lippe gehad nie.
13 Dawid vra toe vir hom: “Van wie se mense is jy en waar kom jy vandaan?”Die jong man antwoord hom: “Ek is ’n Egiptenaar. Ek is ’n slaaf van een van die Amalekiete. Omdat ek siek geword het, het my baas my drie dae gelede hier gelos.
14 Ons was op ’n strooptog in die Negev waar die Filistyne en Judeërs en die Kalebfamilie bly. Ons het Siklag afgebrand.”
15 “Kan jy my wys waar hierdie spul rowers is?” vra Dawid hom.Hy sê toe: “As u vir my by God sweer dat u my nie sal doodmaak of my vir my baas sal teruggee nie, sal ek u na hulle toe vat.”
16 Hy het vir Dawid gaan wys waar hulle is. Die klomp is toe sowaar besig om fees te vier met die goed wat hulle in die plekke van die Filistyne en die Judeërs gevat het: hulle lê toe sommer die wêreld vol en eet en drink.
17 Dawid het die volgende môre toe dit lig word, teen hulle begin veg en tot die aand aangehou. Behalwe 400 jong manne wat op kamele gespring en weggejaag het, het daar nie een van hulle weggekom nie.
18 Dawid het al die mense wat die Amalekiete gevang het, gered, ook sy eie twee vroue.