14 Wanneer die volke hoor wat gebeur het, gaan hulle bewe. Vrees gaan die inwoners van Filistea aan die keel gryp.
15 Die leiers van Edom gaan hulle doodskrik. Die sterk manne van Moab se bene gaan begin bewe. Die inwoners van Kanaän se moed gaan hulle begewe.
16 Vrees en angs sal oor hulle kom. Hulle sal versteen staan voor u groot krag. Hulle sal vasgenael bly staan, Here, terwyl u volk by hulle verbytrek, die volk wat U vir Uself gekoop het, sal ongehinderd by hulle verbygaan.
17 U sal u volk bring en hulle op u berg laat woon. Op die plek, Here, waar U gekies het om te woon. Die plek, Heer, waar U vir Uself ’n plek vir aanbidding gemaak het.
18 Die Here regeer as koning vir nou en vir altyd.”
19 Dit was regtig so. Die Here het die water van die see oor die farao se perde en oorlogswaens en bemanning laat terugspoel toe hulle daardeur wou gaan. Toe die Israeliete daar deurgegaan het, was dit nog droë grond.
20 Aäron se suster Miriam was ’n boodskapper van die Here. Sy het ’n tamboeryn gevat en begin dans. Al die vroue het agter haar aan gedans en op hulle tamboeryne geslaan.