1 Avram het uit Mitzrayim na die Negev opgetrek; hy, met sy vrou en al sy besittings en Lot saam met hom.
2 Avram was baie ryk aan vee, silwer en goud.
3 Hy het van plek tot plek vanuit die Negev deurgetrek tot by Beit-El, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Beit-El en `Ai,
4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het en Avram het daar die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep.
5 Lot, wat saam met Avram getrek het, het ook groot troppe kleinvee, beeste en tente gehad
6 en die land kon hulle nie dra om saam te bly nie, want hulle besittings was baie sodat hulle nie saam kon bly nie.