16 Hy het al die besittings teruggebring, asook sy broerskind Lot en sy besittings, die vroue en al die mense.
17 Die koning van S’dom het ná sy terugkoms van die verslaan van K’dorla’omer en die konings wat saam met hom was, uitgetrek, hom tegemoet, in die Shavehvallei, dit is die Koningsvallei.
18 Malki-Tzedek, die koning van Shalem, nie-Levitiese priester van El-`Elyon (Die Allerhoogste, Magtige God), het brood en wyn uitgebring
19 en hom geseën en gesê: “Geseënd is Avram deur El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde
20 en geseënd is El-`Elyon, wat u vyande in u hand gegee het.” Toe gee Avram hom ’n tiende van alles.Heb 7:1,2
21 Die koning van S’dom sê vir Avram: “Gee vir my die mense, maar vat die besittings vir uself,
22 maar Avram antwoord die koning van S’dom: “Ek het my hand opgelig voor יהוה, El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde