20 en geseënd is El-`Elyon, wat u vyande in u hand gegee het.” Toe gee Avram hom ’n tiende van alles.Heb 7:1,2
21 Die koning van S’dom sê vir Avram: “Gee vir my die mense, maar vat die besittings vir uself,
22 maar Avram antwoord die koning van S’dom: “Ek het my hand opgelig voor יהוה, El-`Elyon, die Skepper van hemele en aarde
23 sodat ek geen garingdraad of skoenriem sal vat en niks van enige iets wat u s’n is nie sodat u nie kan sê: ‘Ek het Avram ryk gemaak,’ nie;
24 net wat die diensknegte geëet het en die manne wat saam met my getrek het se deel: `Aner, Eshkol en Mamre, laat dié hulle deel vat.”