9 teen K’dorla’omer, die koning van `Eilam, Tid’al, die koning van die ander nasies, Amrafel, die koning van Shin’ar en Aryok, die koning van Ellasar: vier konings teen vyf.
10 Die vlakte van Siddim was vol asfaltgate en toe die konings van S’dom en `Amorra wegvlug, het sommige daarin geval en die wat oorgebly het, het na die berge gevlug.
11 Hulle het al die besittings van S’dom en `Amorra en al hulle kos gevat en weggetrek.
12 Hulle het ook vir Lot, Avram se broerskind en al sy besittings gevat, want hy het in S’dom gebly en weggegaan.
13 ’n Vlugteling kom en vertel dit vir Avram, die Hebreër wat by die Eikebome van Mamre, die Emoriet, broer van Eshkol en `Aner, gebly het; hulle was in verbond met Avram.
14 Toe Avram hoor dat sy broerskind as gevangene weggevoer is, het hy sy drie honderd en agtien opgeleide, geoefende manne, wat in sy huis gebore is, laat uittrek en hulle tot by Dan agtervolg.
15 Hy en sy diensknegte het opgedeel in die nag en hulle aangeval en hulle verslaan en agtervolg tot by Hovah wat noord van Dammesek lê.