10 Verder sê die boodskapper van יהוה vir haar: “Ek sal jou nageslag uitermate vermeerder sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.”
11 Ook sê die boodskapper van יהוה vir haar: “Let op, jy is swanger en sal geboorte gee aan ’n seun en jy moet hom Yishma’el noem, want יהוה het jou in jou ellende gehoor
12 en hy sal ’n wilde-donkie van ’n mens wees: sy hand teen almal en almal se hand teen hom en hy sal téénoor al sy broers bly.”
13 Toe noem sy die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה wat met haar gepraat het: “El-Ro’i,” want sy het gesê: “Het ek selfs hier bly lewe nadat ek Hom gesien het?”
14 Hulle noem daarom die put: Be’er Lagai-Ro’i. Dit lê daar tussen Kadesh en Bered.
15 Hagar het vir Avram ’n seun gebaar en Avram het sy seun, wat Hagar gebaar het, Yishma’el genoem
16 en Avram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar aan Yishma’el geboorte gegee het vir Avram.