11 Almal wat manlik onder julle is, moet besny word. Julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en julle.Yog 7:22
12 Hy, onder julle, wat agt dae oud is, moet besny word, almal wat manlik is, in julle geslagte; die wat in jou huis gebore is en die wat nie van jou nageslag is nie, wat van enige vreemdeling met geld gekoop is.
13 Hy wat in jou huis gebore is en hy wat met jou geld gekoop is moet sekerlik besny word en My verbond sal in julle vlees wees as ’n ewige verbond
14 en die onbesnede manlike persoon, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie, dié persoon moet afgesny word van sy volk; hy het My verbond gebreek.
15 God het ook vir Avraham gesê: “Wat jou vrou, Sarai, betref, moet jy haar nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sarah wees
16 en Ek het haar geseën en sal jou uit haar ook ’n seun gee. Ja, Ek sal hom seën en nasies van hom maak; konings van volke sal uit hom voortkom.”
17 Toe val Avraham op sy gesig en lag en sê in sy binneste: ‘Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ’n kind gebore word, of kan Sarah, wat negentig jaar oud is, geboorte gee?’