19 God antwoord Avraham: “Waarlik, jou vrou, Sarah, sal vir jou geboorte gee aan ’n seun en jy moet hom Yitz’gak noem en Ek sal My verbond met hom vasstel as ’n ewige verbond en met sy nageslag ná hom.
20 Wat Yishma’el betref, Ek het jou ook gehoor. Let op, Ek het hom geseën en maak hom vrugbaar en vermeerder hom uitermate oorvloedig. Hy sal die vader word van twaalf prinse en Ek sal hom ’n groot nasie maak,
21 maar My verbond sal Ek vasstel met Yitz’gak, aan wie Sarah, volgende jaar in hierdie seisoen, geboorte sal gee vir jou.”
22 Nadat God klaar met hom gepraat het, het Hy van Avraham af opgegaan.
23 Avraham het sy seun Yishma’el gevat, almal wat in sy huis gebore is en almal wat met sy geld gekoop is; almal wat manlik was onder die mense in die huis van Avraham en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God vir hom gesê het.
24 Avraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is
25 en sy seun, Yishma’el, was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.