1 יהוה het Homself aan hom openbaar by die Eikebome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
2 Hy het sy oë opgeslaan en gekyk en let op, daar staan drie manne op ’n afstand voor hom. Toe hy hulle sien, hardloop hy vanaf die ingang van die tent om hulle te ontmoet en buig hom na die grond toe neer.
3 Hy sê: “יהוה, as ek nou guns in U oë gevind het, gaan dan tog nie by U dienskneg verby nie.
4 Laat hulle asseblief ’n bietjie water bring, U voete was en lê en rus onder die boom.
5 Laat ek ’n stukkie brood gaan haal en U binneste versterk; daarna kan U verder gaan, want daarom het U by U dienskneg aangekom.” Hulle antwoord: “Doen soos jy gesê het.”