19 Ek het ’n verbondsverhouding met hom sodat hy aan sy seuns en sy huis ná hom bevel sal gee dat hulle die pad van יהוה moet hou om onpartydige opregtheid en reg te doen sodat יהוה oor Avraham kan bring wat Hy oor hom gesê het.”Efe 6:4
20 יהוה het ook gesê: “Die uitroep teen S’dom en `Amorra is uitermatig en hulle sonde is oortuigend swaar.
21 Ek wil nou afgaan en kyk of hulle werklik alles gedoen het volgens die uitroep oor hulle wat na My toe gekom het en indien nie, sal Ek weet.”
22 Die manne het daarvandaan weggedraai en na S’dom gegaan, maar Avraham het nog bly staan voor die Teenwoordigheid van יהוה.
23 Avraham het nader gekom en gesê: “Sal U ook die opregte en onskuldige saam met die bose oortreder uitwis?
24 Miskien is daar vyftig opregtes en onskuldiges binne-in die stad; sal U hulle ook uitwis en die plek nie spaar ter wille van die vyftig opregte en onskuldiges wat daarin is nie?
25 ’n Verwerplike gedagte, vir U om so iets te doen: om die opregte en onskuldige saam met die bose oortreder dood te maak sodat die opregte en onskuldige gelyk is met die bose oortreder. ’n Verwerplike gedagte! Sal die Regter van die hele aarde nie regverdig oordeel nie?”