23 Avraham het nader gekom en gesê: “Sal U ook die opregte en onskuldige saam met die bose oortreder uitwis?
24 Miskien is daar vyftig opregtes en onskuldiges binne-in die stad; sal U hulle ook uitwis en die plek nie spaar ter wille van die vyftig opregte en onskuldiges wat daarin is nie?
25 ’n Verwerplike gedagte, vir U om so iets te doen: om die opregte en onskuldige saam met die bose oortreder dood te maak sodat die opregte en onskuldige gelyk is met die bose oortreder. ’n Verwerplike gedagte! Sal die Regter van die hele aarde nie regverdig oordeel nie?”
26 יהוה sê: “As Ek binne-in die stad, in S’dom, vyftig opregtes en onskuldiges kry, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.”
27 Avraham antwoord en sê: “Let nou op, ek het gewaag om met יהוה te praat, alhoewel ek stof en as is.
28 Miskien sal daar aan die vyftig opregtes en onskuldiges vyf kortkom; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes?” Hy antwoord: “Ek sal dit nie verwoes as Ek vyf en veertig daar kry nie.”
29 Hy het nog verder met Hom gepraat en gesê: “Miskien sal daar veertig gekry word.” Hy antwoord: “Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.”