1 So is die hemel en die aarde en al hulle hordes voltooi.
2 Op die sesde dag is God se werk, wat Hy gemaak het, voltooi en op die sewende dag het Hy gerus van alle werk wat Hy gemaak hetHeb 4:4
3 en God het die sewende dag geseën en dit afgesonder omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk; dit wat God geskep het in ’n God-eie manier.
4 Hierdie is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Op die dag toe יהוה-God die aarde en die hemel gemaak het,
5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie, want יהוה-God het dit nog nie laat reën op die aarde nie en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
6 ’n Wolk het egter opgestyg vanuit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.